Naaste hotel aan die Great Zimbabwe Monument

PRYSE EN BESPREKINGS

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

ANDER GREAT ZIMBABWE

ENGLISH

STUUR EPOS

TEMBA HOME

GPS 20 15 90S, 30 55 38E

Temba besprekingskantoor:
TEL + 27 (0) 21 855 0395
Kantoor ure alleenlik


GREAT ZIMBABWE HOTEL

Jy sal nie verblyf kry wat nader aan die “Great Zimbabwe” Monument (of Zimbabwe-ruïnes) is as die Great Zimbabwe Hotel nie. Die hotel is minder as ‘n kilometer van Zimbabwe se beroemde Wêrelderfenisterrein geleë. Jy het dus die geleentheid om soveel moontlik van hierdie merkwaardige plek te kan sien. Die Great Zimbabwe Hotel is slegs 20 km van Masvingo af.

Die hotel bied ruim en gerieflike akkommodasie in 38 kamers – enkelkamers en dubbelkamers (met twee enkelbeddens of ‘n dubbelbed). Hulle het ook ‘n gesinsuite, ‘n deluxe suite en ‘n aantal standaardsuites in nabygeleë satellietgeboue. Die kamers kyk almal op ‘n binnehof met digte plantegroei uit. Die suites en die kamers is almal en-suite en toegerus met tee/koffie-stasies, telefoon, digitale satelliet-TV en haardroër. Kamerdiens is vanaf 07:00 tot 21:30 beskikbaar en ‘n wasgoeddiens is beskikbaar vir die gerief van gaste. Dit is dus geen wonder dat bekendes soos Nelson Mandela en Koningin Elizabeth II al hier tuisgegaan het nie.

Die “Great Enclosure” Restaurant by die Great Zimbabwe Hotel bedien heerlike a la carte en buffet-spyskaarte. Die dekor in die restaurant weerspieël die kenmerkende klipwerk van die Zimbabwe-ruïnes, en die diens is warm en vriendelik. Die kroeg bedien ‘n groot verskeidenheid alkoholiese en nie-alkoholiese drankies, asook ligte versnaperinge. As dit jou eerste besoek aan die hotel is, onthou om die “Great Zimbabwe Rocks”-skemerkelkie op die proef te stel. Indien jy beplan om ‘n daguitstappie te onderneem, kan jy vra vir ‘n voorafbereide ontbyt en middagete.

Alhoewel besoekers hoofsaaklik hul aandag op die Great Zimbabwe Wêrelderfenisterrein toespits, is daar ook ‘n swembad, tennisbaan en vlugbalbaan vir die gaste. Die aktiwiteite is slegs ‘n kort stappie van 2 minute van die hotel se hoofkompleks. Daar is ook twee snuisterywinkels, waar jy interessante geskenke vir die vriende en familie tuis kan koop.

Ons bied ‘n aantal begeleide toere na die Great Zimbabwe monument, met ekspert-gidse wat alles omtrent die oorsprong, geskiedenis en uiteindelike agteruitgang van die stad, die verskeie handelsroetes en die geloofs- en sosiale gebruike van die eens vooruitstrewende gemeenskap in Zimbabwe kan vertel.

Jy kan ook die nabygeleë Mutirikwi-meer vir ‘n rustige bootrit of hengeluitstappie besoek, of op ‘n wildbesigtigingsrit in die Mutirikwi-meer Ontspanningspark gaan. Vir ‘n onvergeetlike ondervinding moet jy teen sonsondergang ‘n bootrit op die Mutirikwi-meer meemaak.

Die Great Zimbabwe Hotel kan ook klein konferensies huisves. Daar is twee konferensiekamers – ‘n kleiner kamer vir tot ‘n 100 mense, en ‘n groter kamer vir tot 250 mense. Standardtoerusting sluit TV, VCR/DVD, oorhoofse projektors, witborde en blaaiborde in. Omdat die Great Zimbabwe Wêrelderfenisterrein so naby is, is die Great Zimbabwe Hotel ‘n baie gewilde troubestemming in Zimbabwe.

  

 

ANDER ZIMBABWE AKKOMMODASIE

As jy na Zimbabwe vlieg sal jy waarskynlik in Harare land. Dit word aanbeveel dat jy 'n nag in die hoofstad vertoef voordat jy na Masvingo en die Great Zimbabwe monument reis. Die Jameson Hotel is sentraal en luuks genoeg. Daarom is dit ons keuse in Harare.

BOTSWANA AKKOMMODASIE

Na jou besoek aan Great Zimbabwe kan jy gerus ook Botswana besoek. Bly 'n nag in die Thapama Hotel in Francistown en geniet die besondere kultuur van die stad, voordat jy die 500 km tot in Kasane by die Chobe Nasionale Park aandurf. Besoekdie Makgadigadi Panne onderweg na die Chobe Nasionale Park. Mowana Safari Lodge is selfs populêr onder konings en presidente. Van Chobe kan jy 'n Safari na Savute en die Okavango delta oorweeg. Op n Okavango Delta Safari kan jy kies tussen luukse lodges soos Camp Moremi en Khwai river lodge om, maar net twee te noem. Van die Okavango Delta kan jy die Kalahari besoek. Die Kalahari Arms Hotel in Ghanzi is die plek waar jy moet bly voordat jy die Central Kalahari Game Reserve ongeveer 1000 km van die Great Zimbabwe Hotel besoek.

NAMIBIE AKKOMMODASIE

Caprivi of Zambezi distrik Akkommodasie stel besoekers bloot aan die beste en mees bekostigbare akkommodasie in die Caprivi, in die verre noorde van Namibië Voorbeelde is Kwando Camp, Mazambala Island Lodge, Lianshulu en Ngepi Camp. Spandeer minstens twee dae in die Caprivi. Dit gaan jou twee dae neem om daar te kom van die Great Zimbabwe hotel en jy sal via Victoria Falls en die Chobe Nasioanle park moet ry. Na die Caprivi kan jy ander bestemmings in Namibië soos die Palmwag Lodge in Kaokaoland of Sossusvlei Desert Camp. Sossusvlei Desert Camp bied selfsorg akkommodasie by die ingang na die Sossusvlei park ongevveer 1500 km van die Great Zimbabwe Monument. Ons beveel aan dat jy by Swakopmund sal oornag onderweg van Palmwag na Sossusbvlei. Van Sossusvlei kan jy met 'n ligte vliegtuig na Windhoek vlieg, maar jy kan ook ry. Windhoek is ongeveer twee dae sy ry van die Great Zimbabwe monument en dit neem ook 'n vol en langdag om daarheen te ry van Sossusvlei. In Windhoek kan jy kies uit 'n groot verskeidenheid akkommodasie soos hotelle (1 tot 5 ster) en selfsorg akkommodasie.

GENERAL LINKS

Youth Tours to Europe and tours of Botswana and Namibia. 

Jameson Hotel    Okavango Delta Lodges    Kalahari Arms Hotel    Sossusvlei Lodge     Cape Town     Kwando Camp 
Thapama Hotel    Caprivi to hotel     Palmwag     Temba Youth tours    Upington Country Lodge     Mowana Safari Lodge

Site Map